Donald Trump

Donald Trump
45ste President van die Verenigde State
Ampstermyn 20 Januarie 201720 Januarie 2021
Voorganger Barack Obama
Opvolger Joe Biden
Geboorteplek Queens, New York Stad
Sterftedatum
Sterfteplek
Eerste Dame Melania Trump (née Knauss)
Politieke party Republikein (2012–hede; 2009–11; 1987–99)[1]
Visepresident Mike Pence
Handtekening
Donald Trump
Gebore
Donald John Trump
NasionaliteitVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
BeroepVoorsitter en president van die Trump-organisasie
Voorsitter van Trump Plaza Associates, LLC
Voorsitter van Trump Atlantic City Associates
Gasheer van The Apprentice (2004–15)
Politieke partyRepublikein
Vorige affiliasies:
Onafhanklik (2011–12)[1]
Demokrate (2001–09;[1] 1987[2])
Reformiste (1999–2001)[1]
EggenootIvana Zelníčková (1977–91)
Marla Maples (1993–99)
Melania Knauss (2005–hede)
Kinders5: Donald Jr., Ivanka, Eric, Tiffany, Barron
Ouer(s)Fred Trump
Mary Anne MacLeod Trump
Webwerfdonaldjtrump.com
Warning: Sjabloon:Inligtingskas Persoon gebruik onbekende parameter "salaris" (this message is shown only in preview).

Donald John Trump (gebore 14 Junie 1946 in Queens, New York Stad) is ’n Amerikaanse sakemagnaat wat as die 45ste President van die Verenigde State van Amerika gedien het. Hy was die Republikeinse Party se kandidaat en het sy Demokratiese teenstander Hillary Clinton op 8 November 2016 in die Amerikaanse presidentsverkiesing verslaan, hoewel hy minder stemme as sy op hom verenig het. Hy is op 20 Januarie 2017 as die 45ste president beëdig. Op 20 Januarie 2021 is hy deur die Demokraat Joe Biden opgevolg, wat hom in die Amerikaanse presidentsverkiesing 2020 verslaan het.

Op 70 jaar was Trump die oudste en welvarendste persoonlikheid wat ooit die amp van president van die VSA beklee het, asook die eerste sonder enige voorafgaande militêre of politieke loopbaan en die vyfde wat op nasionale vlak geen meerderheid van die uitgebragte stemme op hom verenig het nie. Trump is ook ’n belegger, skrywer en TV-persoonlikheid. In 1971 het hy die voorsitter van die eiendomsgroep geword wat in besit van sy familie is en dit hernoem tot The Trump Organization. Hy het die onderneming vervolgens uitgebrei om die bou en renovasie van wolkekrabbers, hotelle, kasinos en gholfbane in te sluit. Die onderneming Trump Entertainment Resorts is deur hom gestig.

Hy het in Junie 2015 sy kandidatuur vir die Amerikaanse presidentskap van November 2016 aangekondig en is op 19 Julie 2016 deur die Republikeinse Party amptelik as die party se presidentskandidaat benoem.

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Bush says Trump was a Democrat longer than a Republican 'in the last decade'" (in Engels). PolitiFact Florida Politifact.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Oktober 2019. Besoek op 21 Oktober 2015.
  2. "The man responsible for Donald Trump's never-ending presidential campaign" (in Engels). News Local Massachusetts. Boston.com. 22 Januarie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Maart 2016. Besoek op 21 Oktober 2015.
  3. (en) Horwtiz, Jeff (22 Julie 2015). "Donald Trump wealth details released by federal regulators". Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Desember 2015. Besoek op 16 Desember 2015.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search